01 October 2011

San Antonio De Areco

Ons is nou oppad na die dorpie San Antonio de Areco. Dit is so 120km noord van die hoofstad Buenos Aries. Dit is 'n landbou dorp maar wat ook spesialiseer in die "gaucho" (Argentynse cowboy). Daar is baie winkels wat gaucho items verkoop. Ons het net buite die dorp gekamp en sommer twee dae gebly om te begin pak vir die groot trek terug na Suid-Afrika.

Oppad na die dorp is daar baie stalletjies wat lemoene verkoop.


 Boca Juniors se sokkerbal
 Mielie vir aandete

Oggend ritueel om skottelgoed te was


Geboue en plein in die dorp



Orals in Argentina is honde. By elke plek waar ons geslaap het was daar 'n hond naby ons. Hulle is almal darem vriendelik.

Ek het die camper se tuinslang verloor. Die ou was baie vriendelik toe hy hoor ons is van SA.


Ons het die kerk besoek tydens siesta tyd. Baie mense gaan maak dan 'n draai in die kerk. Die meneer kan engels praat en ek het soveel moontlik inligting uit hom "getrek", tot Marianne vir my roep en sê dat hy seker nou wil gaan siesta. Hy is baie vinnig daar weg.


 Klein Marianne wil in elke kerk sing wat ons verby is.


By 'n winkel het die eienaar vir ons die ou bakery gewys wat 'n paar honderd jaar terug gebruik is. Hy het dit nou omskep om uitstallings te doen.



Die water van die geute op die dak het hierin geloop en dit was die water wat gebruik is vir die broodbak.


Hier staan ons op die gat waarin die meel in afgesak is na die "fabriek" onder die grond.


Koop vleis vir 'n braai (die Argentyne noem dit asado).


Die skool is uit.

Roomys. Argentina is bekend vir die roomyswinkels

So moet 'n vuur brand Argentyne!


Marianne en Marianne maak slaai.


Vars van die kole




Vroeg oggend oppad na Buenos Aires

No comments: