26 September 2011

Cachi

Ons het Sondag die 18de September gery van Salta na Cachi. Die roete op die kaart het baie kort gelyk maar dit was oor 'n groot bergpas. Die hoogste punt is omtrent 3,250m, wat baie naby is aan Suid-Afrika se hoogste piek.

  Die pas is baie nou, as 'n voertuig van vooraf kom moet jy mooi mik en soms "reverse" om verby te kom.


Marianne het die curio winkeltjies op die pas geniet.

 Naby die bo-punt het dit baie gerëen. Die pad het begin lyk soos 'n klein rivier.
 

3,250m


Eerste teken dat ons wilde Alpachas kan sien.


Bo-op die berg. Op die plato is ongelooflike vlaktes met groot kaktusse oral te sien.



Ons was so 7uur in die dorpie Cachi waar ons sommer in een van die strate geslaap het met die "trok"


Voor die kinders kon slaap het ons eers winkeltjies gestap. Die dorpie Cachi laat my dink aan Clarens/Greyton.

Marianne gly op elke dorpie se hoofplein op die glyplank. Al is dit laat moes sy eers gly. Dit is nogal opvallend vir ons in Argentina dat familie baie belangrik is. Hulle hou ook baie van kinders en selfs die mans sal stop in die straat en eers vir klein Marianne en Irene groet.

Ons het die "camper" voor 'n restaurant gestop met 'n "baba monitor" naby. Dit het nie eintlik gewerk nie want Irene het Marianne se aandag gesoek. Ek het die wyn met 'n "doggiebag" saam gevat om die volgende dag te gebruik.

Die straat waar ons geslaap het.


Toe ons uitkyk oor die berge sien ons die eerste sneeu op die Andesberge. Cachi is op 2,200m en die Andes berge toring nog bo dit uit. Van die pieke in die omgewing is 6,000m


As klein Marianne 'n kerk sien dan wil sy gaan sing daarin. Ons het so stukkie van die diens bygewoon. Die kerk was stampvol.



Dit is nie so maklik om te blog op die internet nie. Met die kinders het ek nie baie tyd nie. Die meeste dorpies het internet.

Van Cachi af het ons Suid gery met "Ruta 40" (dit is Argentina se route 69"). Ons het die "ruta de la Artisans" gevolg. Daar maak die local kunstenaars ponchos en matte. Ongelooflik om te sien hoe hulle in die buitelug werk.

 Hier proe ek water wat van die Andes gebergte loop.


Marianne help wasgoed was.


No comments: