04 September 2011

Die du Toits het besluit om die jaar groot te gaan. Ons hele gesin gaan met 'n "motor home" deur Argentinia in Suid-Amerika toer. Die geselskap bestaan uit Charl, Marianne, Marianne (2jaar) en Irene (6maande).

Ons vertrek 7 September en keer terug na RSA die 29ste September om hopenlik te sien hoe die Bokke die "World Cup" wen.

Ons gaan so ver moontlik probeer om op die website fotos en vordering van ons reis te deel.

Die afstande is baie ver in Argentina dus het ons baie geoefen om ver met die kinders te ry. Ons het hard geoefen om "toer" fiks te wees.

Hier is 'n foto wat ons geneem het op 'n "klein" toer van Oudthoorn na Prince Albert en waar ons toe later die aand by Wagendrift Lodge op die Seweweekspoort pad net buite Laingsburg geslaap het.




Bon Voyage

No comments: