13 September 2011

Colon

Colon

Colon is ons eerste stop. Omtrent so 275km van waar ons die camper opgetel het. Ons het gestop langs die pad by ‘n “Jumbo winkel”, dit is soos ‘n groot Pick’n Pay Hyper maar met ‘n deli soos Woolworths. Ek en die tripinies het in die camper gesit terwyl Marianne die inkopies gedoen het. Ons was heeltyd in verbinding met twee rigting radios. (Danksy Izak se gadgets).

Om in Argentina te bestuur is glad nie so erg soos die lonely planet dit uitmaak nie. Dit is maar net om gewoond te raak om aan die regterkant te bestuur. Die pad wat ons volg na die noorde is die verbinding tussen Argentina en Brazil. Daar is dus baie swaarvoertuie op die pad. En orals is daar padwerke. Die Mercedes Sprinter is groot maar hanteer soos ‘n kombi, net ‘n plesier.











Die eerste aand stop ons in Colon. Dit was op aanbeveling van Andean Roads waar ons die Camper huur. Die kampterrein is teen aan die Rio Uruguay rivier. Ons het gekamp op die oewer en aan die oorkant kan jy Uruguay sien.

Dit was die eerste aand wat Marianne en Irene in die dieselfde bed slaap. Dit het baie goed gegaan met net die gewone opstaan vir Irene se bottel. Ons het mooi vir klein Marianne verduidelik as haar sussie huil kan sy maar net aan slaap.

So ons het ‘n goeie aand gehad behalwe dat ek so 4uur wakker was. Seker die “jetlag” en die nuwe gevoel van die camper. Marianne word ook toe wakker en ons besluit toe sommer om in die pad te val. Dit het beteken dat ek van 5uur tot so 8uur kon ry voor die kinders wakker word. Ons mikpunt vir die dag is die nasionale park Ibera in die provinsie Corrintes, Argentina. Dit is so 600km noord van Colon.

No comments: