18 September 2011

San Ignacio

Van Igauzu het ons weswaarts begin toer na Salta teen die Andes bergreeks. Dit is so 1,500km ver. Om daar te kom moet jy die "Grand Chaco" oorsteek. Dit is iets soos die Groot-Karoo net baie verder. Ek het besluit om ons eerste skof maklik te maak. So 300km tot by San Ignacio. Ons het so kuier kuier gery. Eers by 'n dieretuin gestop en toe by 'n private akwarium met rivier vissie.

By San Ignacio is een van die Jetsuit Mission monumente. Dit is 'n indrukwkende struktuur gebou deur die kerk van Spanje in die 1600's. Die fliek "The Mission" handel hieroor.















Kamp op die "ou" prys by San Ignacio want ek kon niemand kry om te betaal nie. Alle fasiliteite was beskikbaar soos krag.

2 comments:

Gernes said...

Classic! Ons geniet die blog en die foto's selervik baie! Julle ervaring ne savonture ly konbeskryflik lekker en llsneweustig! Inspirerend soos altyd! Die LEWE!

Gernes said...

Sorry! Sien die keyboard van die rekenaar het bietjie 'mal-function' temvorige inskrywing!! Lyk asof ek dronk was! Hoop julle kon uitmaak wat ek probeer skryf het! Cheers, G en die 3 Claassen girls! xxx