13 September 2011

Buenos Aires dag uitstappie

Dag trip in Buenos Aires




Ons het die afgelope paar dae erg getoer en glad nie kans gekry om ons blog op te dateer nie. Met die twee tripinies wat saam toer verander ‘n ou se idée van wat belangrik is. Gewoonlik het ek in die aand tyd gehad om na die budget ens te kyk. Nou na “rush hour” gryp jy net ‘n glas van die ongelooflike lekker wyn en val plat.

So hier kom ‘n paar “blogs” op een slag.

Dag trip in Buenos Aires

Ons het so agtuur die vorige aand gaan slaap. Teen 2uur die volgende oggend is ons almal haas wakker. Die tydsverskil het ons gevang. Ons sit toe maar en DVD (Oom Karolis en Lente) kyk saam met Marianne en Irene tot so 4uur. Toe slaap ons weer tot 7:30.

Die hotel waar ons bly sluit ontbyt in. Dus val ons die klein ontbyt lokaal aan teen so 9uur. Met twee klein tripinies saam was al die oe op ons gevestig.

Die dubbel Mclaren stootwaentjie kom voorwaar tot sy reg na die diens wat my skoonpa in RSA gegee het. Ons verken die hele Buones Aires. Ons het die volgende gedoen:

- Gestap van die hotel deur Florida straat. Dit is slegs vir voetgangers. (Iets soos St Georges Mall in Kaapstad)

- Voor die Pink paleis waar Eva Peron haar toespraak gemaak het. Klein Marianne het daar rondgehardloop terwyl Irene haar melkies gedrink het.

- Stap deur die hawe gebied van Puerto Madryn. Die twee sussies sit en hande vas hou!

- Stop by die Toeriste informasie om inligting te kry vir ons beplande toer. Goeie hulp.

- Vandaar stop ons by ‘n parkie vir Marianne.

- Daarna geniet ons middag ete by ‘n restaurant voor die begrafplaas waar Eva Peron begrawe is. Ons stap daarna tot by haar graf in Ricolette.

- Ons stap verder terwyl al twee kinders slaap in die stootwaentjie, ongelooflik. Tot by ‘n groot park. Dit is seker so 8km van ons hotel. Ons kry toe sommer ‘n taxi om ons hotel toe te vat.

- Later die aand is ons weer uit met die tripinies wat slaap in die trollie. Lekker pizza gaan eet.



Na die dagtrip is ons nog meer opgewonde oor Argentina. Ons voel sommer tuis.















No comments: