26 September 2011

Rosario

Rosario is 'n stad geleë teen die Rio (rivier) Parana. Groot skepe kan nog vanaf die see (so 250km) tot hier vaar. Om die rede het byvoorbeeld General motors 'n fabriek hier. Die stad het 'n Europese gevoel. Op 'n Sondag maak hulle die strate toe en almal loop. Dit lyk of almal gesondheids bewus is. Ons het die lekkerste champagne hier gedrink en pizza geëet. Dit is die eerste plek waar die pizza basis standaard "dun" bedien word.




















Cordoba

Cordoba is opddad terug na Buenos Aires. Dit is 'n groot stad in die middel van Argentina en ook die hoof kultuurstad. Ons het baie daarvan gehou en die dag daar spandeer.
















Van Cordoba het ons na Rosario gekry. Die aand het ons weer langs die trokke voor 'n tolhek geslaap.




 Marianne maak maatjies. Ek dink sy sal baie vinnig Spaans kan leer praat. Dit was nie lank nie toe het die dogtertjie ook haar skoene uitgetrek tot onsteltenis van haar ma. Ek sien nooit kinders sonder skoene nie.





Die Renosterman

Op 'n geteerde ruta 40 (ongelooflik lekker om so mooi teerpad in die middel van nêrens te kry) het ons verby die groen camper gery. Marianne skree toe dat sy 'n SA-vlag agterop gesien het. Ek draai toe dadelik om en hier begin toe nog 'n groot avontuur...


Die mense in die camper is van Suid-Afrika. Dave Chamberlain van Pretoria en Natalie van Mosselbaai. Al twee is Engels maar kan goed afrikaans praat. Dave was in Hilton College en is besig om die lengte van Argentina te draf. so 30km per dag. Dit gaan hom so nege maande besig hou. Hy doen dit om geld in te samel om die renosters in SA te beskerm.

Soos ware Suid-Afrikaners het ons hout gesoek en 'n vuurtjie in die woestyn gemaak en 'n vleisie gebraai.


Die girls maak die bykosse.


Sakkie sakkie in die woestyn op Theuns Jordaan.

 Marianne het die perfekte tafel gedek. Dave het vir ons elkeen 'n hemp gegee en ek het vir hom my rugby trui gegee.

 Volgende oggend

 20km Noord
 20km Suid, niks


Die girls nog in die bed.


Warm bak na 'n koue aand in die woestyn

Skottelgoed


 Ek het so 5km saam met die renosterman gedraf.




 Toeskouers!


 Marianne vat die stokke na 'n warm waterbron. Hopenlik meer suksesvol as die vorige een.


 Ai alweer nie 'n swembad nie. Die slag is daar darem 'n pyp met lou water.





Twee onderwysers van Frankryk wat vir 6maande met hulle fietse deur Argentina toer.



Marianne leer om ons voete na 'n lang dag te was.



 Beplanning waarheen volgende


Ons het die vorige aand in die dorpie Londres geslaap op die mark plein.