18 September 2011

Grand Chaco

Om die Grand Chaco te tem is nie grappies nie. Selfs die eienaar van ons kamper het vertel dit is die enigste deel waar hy nog nie getoer het in Argentina nie.

Ons was aangenaam verras deur die gasvryheid by al die dorpies waar ons gestop het. Ek is baie trots op my drie girls wat die epiese tog met 'n glimlag gemaak het.








In die dorpie Pena is 'n warm bron. Ons het gedink ons kan daar gaan swem, maar al wat daar was is 'n bad waarin jy sit. Die personeel kon glad nie verstaan toe ons opdaag met ons swembad speelgoed nie!

547km voor daar 'n draai in die pad is!



Marianne en Irene se aanhangers. Die hele dorp het kom kyk toe ons by die parkie speel.



Ons was lus om net bietjie by 'n restaurant te eet. Toe stop ek reg langs een sodat ons die kinders kan hoor as hulle slaap. Dit was by 'n "truck stop". Ons besluit toe sommer om ook daar te slaap.
Ons bure is 'n Merc en Iveco trok!
Geduldige toer lede!
Die Argentyne drink almal "mate" Dit is iets soos rooibostee en baie sosiaal om te deel.

Hierdie middagete by die "one horse town" was 'n hoogtepunt van die Chaco area.



No comments: