13 September 2011

Iberia - Carlos Pelligrini

Iberia


Op die stadium moet ek noem dat Argentina my stoutste verwagtinge oortref het. Enige iemand wat hou van die buitelewe en baie anvontuur sal dit geniet. Die mense is baie vriendelik, dit is lekker op op hulle paaie te ry, alhoewel daar oral gewerk word.

Ons het van Colon gery tot in die nasionale park Iberia. Dit bestaan uit ‘n 1 miljoen vierkante meter meer gebied. Een van die grootste varswater reservoirs op aarde. Hier is baie verskillende diere wat ons nie ken nie. O.a .‘n rot so groot soos ‘n medium vark. Die laaste 125km tot by die park laat die ou pad na die Kalahari Gemsbok park soos die N1 lyk. Baie rof. Die Camper het dit gelukkig maklik hanteer. Die “game ranger” was baie ingenome dat ek die stuk pad onder twee ure kon voltooi!

Ons het besluit om twee aande hier te bly om bietjie te rus na al die ry. Die park laat my dink aan die meer gebied by St Lucia of Knysna. Ons kon lekker met die kinders rondloop en iets buite die kar doen. Ons het die dorpie daar naby verken en Marianne het iets van silver gekoop vir haar nek.



























Vandag (Maandag) het ons vertrek na Iquazu falls (watervalle). Die eerste 120km noord van die Iberia park was nog slegter. Ek moes al my ou ondervinding van my Jeep gebruik om die sand pad te ry. Ek het darem 38minute korter as wat die GPS gewys het gery!

Vanaand slaap ons by die dorpie naby die waterval om dit more te gaan kyk.


No comments: