01 October 2011

Buenos Aries final

Ons het die laaste aand in Tigre net buite Buenos Aries geslaap. Ons het eers bietjie in die stad rondgery.

Hier ry ons op "9 de Julio Avenue" volgens die Argentyne die breedste rylaan in die wêreld. Dit is 140m wyd met omtrent 20 bane.


Skaduwee van Eva Peron teen een van die geboue.


Die Obelisk is 'n bekende baken in die stad. Dit is nogal 'n uitdaging om rondom die obelisk te ry want daar is 'n verkeersirkel daarom met verkeerslyne vir agt bane wat niemand volg nie.



Die pienkpaleis in die aand


Ons klein tradisie om in elke wêreld stad sushi te eet. Die slag was dit 'n wegneemete in ons camper.

Toe ons wakker word kyk ons uit op die Tigre rivier delta


Pap asseblief


'n Boot werktuigkundige het my genooi om saam te vaar op 'n toetsrit




Die boot werktuigkundige van agter.



Boca Juniors sokker stadium. Dit is waar Diego Maradona gespeel het.




Die beste perilla (steakhouse) in Buenos Aries.




Ons het die optog net in die stad gemis oppad om die camper te gaan aflaai. Dit is verkiesing tyd in Argentina.




Die Camper depot


Een van die eienaars Sebastian Terlasco

Sebastian se pa het ons lughawe toe gevat insy 6.5liter RAM truck (Baie groot bakkie). Hy noem dit die "Air Force One" van bakkies.

 


Ons spesiale waentjie op die lughawe


Champagne na 'n baie geseënde toer!


Irene was so bly toe sy uiteindelik ook 'n maatjie ontmoet, Carla van Spanje. Sy het sommer op Marianne se plek gesit in die trolley.


Die kinders het tot by die huis geslaap.




Colonia, Uruguay

Ons het besluit om terwyl ons tyd het gou met die ferry te vaar oor die Parana river na die dorpie Colonia in Uruguay. Ons het die vertrek van die ferry net gemaak want ons moes deur die oggend verkeer na die hawe ry en die vertrek tyd was 09:00. Die Rio de la Plata is so wyd dat dit een uur neem om tot by die anderkant te vaar. Jy moet ook deur customs gaan want dit is 'n ander land.

Ons was laat so ons het nie eintlik sit plek gehad nie.


Ons sit sommer in die vensterbank


Marianne ontmoet 'n  maatjie van Mexico.


Die ferry is blykbaar een van die vinnigstes.


Colonia is een van die eerste dorpies wat gevestig is deur die Spanjaarde. Om in die ou dorp in te gaan moet jy deur die hek loop.


Die ou dorp is omring deur die muur. Klien Marianne moes dit klim. Onder stap Marianne en Irene.



Die restaurant was baie lekker want klein Marianne kon in die sand speel terwyl ons eet. Die Argentyne verstaan maar net nie dat kinders kan kaalvoet loop.




 Orals is klipstrate


Ek en Marianne het gou 'n draai op 'n fiets gery. Jy sien die tipe fietse orals met kinders agterop.


Ek weet nie of die bakkie nog ry nie.



Jy kan die "bakkie" vir goedkoop huur om die dorp te verken. Ek was baie lus maar dit is nie vir mense met klein kinders nie.


Feesrokke van Uruguay


Oppad terug op die ferry was daar weer nie plek om te sit nie. Gelukkig het 'n Argentyn gekla en hy is "ge-upgrade" na besigheidsklas. Ek het sy klaery dopgehou en dit was maklik om die kaptein om te praat om ons op te gradeer en 'n paar brownie punte te verdien by die girls.


Buenos Aires skyline van die ferry.